Amos 4:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het julle geslaan met brandkoring en muf; toe julle tuine en julle wingerde en julle vyebome en julle olyfbome vermeerder het, het die palmwurm hulle verteer; tog het julle julle tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek het julle tuine verskroei en julle wingerde met roes getref. Julle vyebome en olyfbome het die sprinkane afgevreet. Nogtans,” sê die Here, “het julle nie na My toe teruggekeer nie.
Afrikaans 1933/1953 Ek het julle met brandkoring en met heuningdou swaar getref, baie van julle tuine en julle wingerde en julle vyebome en julle olyfbome het die sprinkaan verslind -- nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.
Afrikaans 1983 Ek het julle gestraf met brandkoring en met heuningdou, Ek het julle tuine en wingerde laat verdroog, sprinkane het julle vyebome en julle olyfbome kaalgevreet, en tog het julle julle nie tot My bekeer nie, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ek het julle met skroeisiekte en witroes getref. Baie van julle tuine en wingerde, julle vyebome en olyfbome, het die ruspes kaal gevreet, maar julle het nie na My teruggekeer nie,” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek het julle koring-are laat verdroog, en die plantluise het dit opgevreet. Die sprinkane het baie maal al die blare in julle tuine en wingerde opgevreet, ook al die blare van julle vyebome en olyfbome. Maar julle het nie teruggekom na My toe nie,” sê die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek het ’n verskriklike warm wind oor julle tuine laat waai. Ek het siektes in julle druiwe laat kom. Sprinkane het julle vyebome en olyfbome kaalgevreet. Ten spyte van dit alles het julle nie na My toe gekom en My gevra om julle te help nie,” sê die Here.