Amos 4:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So het twee of drie stede na een stad gedwaal om water te drink; maar hulle was nie versadig nie; tog het julle julle tot My nie bekeer nie, spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mense van twee of drie dorpe het na ’n stad toe gesteier om water te drink, maar sonder sukses. Nogtans het julle nie na My teruggekeer nie.” Dit is wat die Here sê. |
| Afrikaans 1933/1953 | en twee, drie stede na een stad geslinger het om water te drink sonder om die dors te les -- nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Twee, selfs drie stede se mense het hulle na 'n stad toe aangesleep om water te kry, sonder om hulle dors te les, en tog het julle julle nie tot My bekeer nie, sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | toe twee, drie dorpe na een dorp geslinger het om water te drink, maar hulle dors nie kon les nie; het julle nie na My teruggekeer nie,” is die uitspraak van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van twee of drie stede het na 'n ander stad gekruip om water te soek, maar hulle het nie genoeg water gekry nie. Maar julle het nie teruggekom na My toe nie.” Dit sê die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Twee-twee en drie-drie het mense van dorp tot dorp gekruip om water te kry. Daar was nie water vir hulle dors nie. Hulle het dors gebly. En al het dit alles gebeur, het julle nie daaraan gedink om na My toe terug te kom en by My water te vra nie,” sê die Here. |