Amos 4:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek het ook die reën van julle teruggehou toe daar nog drie maande tot die oes was, en Ek het dit op een stad laat reën en nie op 'n ander stad laat reën nie: een stuk het gereën en die stuk waarop dit het gereën nie verdor nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek het gesorg dat dit nie reën wanneer julle dit die nodigste het nie. Ek het vir een dorp reën gegee, en dit van ’n ander weerhou. Een stuk grond het reën gekry, ’n ander een het uitgedroog.
Afrikaans 1933/1953 Alhoewel k die reën van julle teruggehou het toe dit nog drie maande voor die oestyd was en op die een stad laat reën maar op die ander nie laat reën het nie, die een stuk land reën gekry het, maar die ander waarop geen reën geval het nie, verdor het;
Afrikaans 1983 Ek het die reën drie maande voor oestyd van julle af weggehou; Ek het laat reën oor een stad en oor 'n ander die reën laat wegbly; die een stuk grond het goed reën gekry en die ander waar dit nie gereën het nie, het uitgedroog.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Selfs toe Ek die reën van julle weggehou het, reeds drie maande voor die oestyd, en Ek oor een dorp laat reën het en oor 'n ander dorp nie laat reën het nie, toe een stuk grond reën gekry het, en die ander stuk grond waarop Ek nie laat reën het nie, verdroog het;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek het die reën weggehou toe die koring nog nie ryp was nie. Ek het dit op een stad laat reën, en op 'n ander stad het Ek dit nie laat reën nie. Dit het gereën op een stuk land, en 'n ander stuk land het nie reën gekry nie, dit het droog geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Drie maande voor die oes het Ek die reën laat wegbly. Ek het dit by die een dorp laat reën en glad nie by die volgende dorp nie. Die een stuk grond het mooi reën gekry. Die ander een het uitgedroog, omdat dit glad nie daar gereën het nie.