Amos 4:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek het ook vir julle reinheid van tande gegee in al julle stede en gebrek aan brood in al julle plekke; tog het julle julle tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 “Honger en hongersnood het Ek in elke dorp gebring. Nogtans het julle nie na My toe teruggekeer nie.
Afrikaans 1933/1953 Alhoewel k julle reinheid van tande gegee het in al julle stede en broodsgebrek in al julle woonplekke -- nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.
Afrikaans 1983 Ek het hongersnood in al julle stede laat kom, broodsgebrek in al julle dorpe, maar julle het julle nie tot My bekeer nie, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Selfs toe Ek julle met leë monde gelaat het in al julle stede, met broodgebrek in al julle woonplekke, het julle nie na My teruggekeer nie,” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek het julle honger laat bly oral waar julle woon. Maar julle het nie teruggekom na My toe nie.” Dit sê die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “In al julle dorpe het Ek gemaak dat daar nie kos is om te eet nie. Ek het gesorg dat daar in al julle blyplekke niks brood is om te eet nie. Maar nogtans het julle nie daaraan gedink om terug te kom en by My kos te kom vra nie,” sê die Here.