Amos 4:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En offer 'n dankoffer met suurdeeg, en verkondig en verkondig die vrye-offers; want so is julle, o kinders van Israel, spreek die HERE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Bring maar julle dankoffer van suurdeegbrood. Spog gerus openlik met julle vrywillige offers! Julle Israeliete hou mos daarvan om dit te doen! Dit is wat die oppermagtige Here sê!
Afrikaans 1933/1953 En laat van wat gesuurd is, 'n lofoffer rook, en roep vrywillige offers uit, laat dit hoor! Want so is dit na julle sin, kinders van Israel, spreek die Here HERE.
Afrikaans 1983 Verbrand die ongesuurde brood as dankoffer, kondig julle vrywillige offers aan, laat die mense dit hoor. So hou julle mos daarvan, Israeliete, sê die Here my God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Offer 'n •dankoffer van dit wat met suurdeeg gebak is. Kondig julle vrywillige offers aan, maak dit bekend; want so hou julle daarvan, Israeliete.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Brand dank-offers, brand brood met suurdeeg in. Vertel vir almal van julle vrywillige offers. Julle Israeliete hou daarvan om te spog.” Dit sê die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Kom bring maar verkeerde offers wat suurdeeg in het. Spog maar oor die offers wat julle uit julle eie vir die Here bring. Julle Israeliete is mos lief daarvoor om so met julle godsdiens te spog,” sê die Here.