Amos 4:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle moet by die skeure uitgaan, elke koei by wat voor haar is; en julle moet hulle in die paleis gooi, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle sal reguit deur die openinge in die stadsmuur gaan. Hulle sal julle wegvat na Hermonberg toe.” Dit is wat die Here sê!
Afrikaans 1933/1953 En julle sal deur bresse in die muur uittrek, elkeen sonder om weg te kyk, en julle sal weggewerp word na Harmon, spreek die Here HERE.
Afrikaans 1983 Elke vrou sal reg voor haar uit oor die afgebreekte stadsmuur loop, julle sal na Hermon toe uitgedryf word, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Deur die bresse in die stadsmuur sal julle een ná die ander uitgebring word en weggegooi word na Harmon,” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sal almal reguit uit die stad moet gaan, reguit oor die afgebreekte muur. Die vyande sal julle wegjaag na Hermon-berg.” Dit sê die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle sal nie by die stad se hek hoef uit te gaan nie. Die vyand sal die stad se mure afbreek. Julle sal sommer deur die gate in die mure uit die stad kan gaan. Die vyand sal julle wegvat na die berg Hermon toe. Dis wat die Here oor julle sê.