Amos 4:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE het gesweer by sy heiligheid, dat daar dae oor jou sal kom dat Hy jou met hake en jou nageslag met vishake sal wegneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die oppermagtige Here het ’n eed geneem: “Die dag sal kom wanneer hulle julle aan hoeke sal wegsleep, elkeen van julle soos ’n vis aan ’n hoek! |
| Afrikaans 1933/1953 | Die Here HERE het gesweer by sy heiligheid: Kyk, daar sal dae oor julle kom dat hulle julle met hake sal optrek en die wat van julle oor is, met vishoeke. |
| Afrikaans 1983 | Die Here my God wat heilig is, het 'n eed afgelê: Pas op, daar kom dae oor julle dat julle met hake opgetel sal word, dat julle van agter met haakdorings aangedryf sal word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My Heer, die Here, het gesweer by sy heiligheid: “Kyk, daar kom dae oor julle wanneer julle aan vishoeke weggedra word, en dié van julle wat oorbly, aan vishake. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het belowe en Hy, die heilige God, is self die getuie. Hy het gesê: “Daar sal 'n tyd kom wanneer die vyande julle sal optel met skerp ysters en met vishoeke. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het by Homself gesweer dat daar ’n dag sal kom dat julle soos beeste met ’n ring deur die neus, soos visse aan vishoeke hier weggevat sal word. |