Amos 4:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want kyk, Hy wat die berge vorm en die wind skep en aan die mens verkondig wat sy gedagte is, wat die môre duister maak en die hoogtes van die aarde betree, die HERE, die God van die leërskare, is Sy Naam. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Weet dit: Hy is die Een wat die berge vorm, die wind skep, en sy gedagtes aan mense bekendmaak. Hy verander die oggendlig in donkerte. Hy loop op die bergtoppe van die aarde. Sy Naam is: Die Here God, die Almagtige! |
| Afrikaans 1933/1953 | Want kyk, Hy wat die berge formeer en die wind skep en aan die mens sy gedagte bekend maak, wat die dageraad duisternis maak, wat op die hoogtes van die aarde wandel, HERE, God van die leërskare, is sy Naam! |
| Afrikaans 1983 | Jy moet besef: Hy wat berge vorm en die wind skep, Hy wat sy gedagtes aan die mens bekend maak, Hy wat die dagbreek donker maak, Hy wat oor die hoogtes van die aarde gaan, sy Naam is Here, almagtige God! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, kyk, Hy wat die berge vorm en die wind skep, wat aan 'n mens sy beplanning bekend maak, wat die dagbreek duisternis maak, wat trap op die hoogtes van die aarde, die Here, die God wat Heerser is oor alle magte, is sy Naam! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is Hy wat die berge en die wind gemaak het, Hy wat vir mense sê wat Hy wil doen, Hy wat dit donker maak wanneer dit al lig moet word, Hy wat oor die hoogste berg van die aarde loop. Sy Naam is die Here, God wat oor alles regeer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het die berge en die wind gemaak. Hy kan vir mense sê wat Hy wil hê. Hy kan die vroeë lig van die môre net so in donker verander. Hy kan groot treë gee bo-oor die bergtoppe van die wêreld. Sy Naam is: ‘Die Here, die God wat sterker is as enigiets of enigiemand.’” |