Amos 4:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het sommige van julle omvergewerp soos God Sodom en Gomorra omvergewerp het, en julle was soos 'n brander wat uit die brand geruk is; maar julle het julle tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek het julle dorpe verwoes soos Ek Sodom en Gomorra verwoes het. Dié wat oorleef het, was soos ’n stuk hout wat uit ’n vuur gepluk is. Nogtans wou julle steeds nie na My toe terugkeer nie.” Dit is wat die Here sê.
Afrikaans 1933/1953 Ek het julle omgekeer soos God Sodom en Gomorra omgekeer het, sodat julle soos 'n stuk brandhout was wat uit die vuur geruk is -- nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.
Afrikaans 1983 Ek het julle stede verwoes soos Ek Sodom en Gomorra geheel en al verwoes het, julle het soos 'n stuk hout geword wat uit die vuur uit geruk is, en tog het julle julle nie tot My bekeer nie, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ek het by julle verwoesting aangerig soos God se verwoesting van Sodom en Gomorra. Julle het geword soos 'n stuk hout wat uit vlamme gepluk is; maar julle het nie na My teruggekeer nie,” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek het julle doodgemaak soos Ek die mense van Sodom en Gomorra doodgemaak het. Julle was soos 'n stuk vuurmaak-hout wat Ek uit die vuur gehaal het. Maar julle het nie teruggekom na My toe nie,” sê die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek het julle dorpe verwoes, soos Ek Sodom en Gomorra van die aarde afgevee het. Party kon nog betyds wegkom, soos ’n stuk hout wat jy betyds uit die vuur uitruk voordat dit heeltemal verbrand. “En al het dit alles gebeur, het julle nie ’n oomblik daaraan gedink om My te kom vra om julle te help nie,” sê die Here.