Amos 4:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het die pes onder julle gestuur volgens die manier van Egipte; en Ek het die stank van julle laers tot by julle neus laat opkom; tog het julle julle tot My nie bekeer nie, spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek het plae oor julle laat kom soos destyds oor Egipte. Ek het julle jong mans in die oorlog laat sterf en julle perde afgemaai. Die reuk van dood het oor julle gehang. Nogtans,” sê die Here, “het julle nie teruggekeer na My toe nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het die pes onder julle gestuur, op die manier van Egipte; Ek het julle jongmanne met die swaard gedood saam met die wegvoering van julle perde; en Ek het die stank van julle laer laat opstyg, ja, tot in julle neus -- nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Ek het plae soos dié van Egipte na julle toe gestuur; Ek het julle jongmans en hulle spogperde met die swaard doodgemaak; Ek het die stank van julle laer in julle neuse laat opwalm, en tog het julle julle nie tot My bekeer nie, sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Ek het pessiektes onder julle losgelaat soos in Egipte; Ek het julle jong manne met die swaard omgebring, saam met julle buitgemaakte perde. Ek het die stank van julle leërmag in julle neusgate laat opslaan, maar julle het nie na My teruggekeer nie,” is die uitspraak van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Ek het julle siek gemaak, en julle het doodgegaan soos die Egiptenaars. Ek het julle jongmanne in die oorlog laat sterf, en die vyande het julle perde gevat. Julle het geruik dat die dooie liggame stink in julle kamp. Maar julle het nie teruggekom na My toe nie,” sê die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek het rampe oor julle laat kom soos daar destyds in Egipte rampe gekom het. Ek het julle jong soldate wat op perde veg, in die oorlog laat omkom. Daar in die kamp het die stank van die goed wat dood was, dit vir julle ondraaglik gemaak. Maar julle het nie eens daaraan gedink om na My toe terug te kom nie,” sê die Here. |