Amos 4:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoor hierdie woord, koeie van Basan, wat op die berg van Samaría is, wat die armes verdruk, wat die behoeftiges verbrysel, wat aan hulle HERE sê: Bring, en laat ons drink! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Luister na hierdie boodskap, ryk vroue van Samaria. Julle leef in weelde soos vet koeie wat in Basan wei. Julle buit die armes uit en vertrap behoeftige mense. Julle sê vir julle mans: “Skink sodat ons kan drink!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoor hierdie woord, koeie van Basan, wat op die gebergte van Samar¡a is! Wat die armes verdruk, die behoeftiges hard behandel; wat aan hulle here sê: Bring aan en laat ons drink! |
| Afrikaans 1983 | Luister na hierdie woord, vrouens wat op Samariaberg lekker lewe, lewe soos die koeie van Basan, julle deur wie die swakkes verdruk en die armes mishandel word, julle wat vir julle mans sê: “Bring wyn dat ons kan drink!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Luister na hierdie woord, koeie van Basan op die berg Samaria, julle wat die armes verdruk en die behoeftiges mishandel, wat vir julle mans sê: “Bring, sodat ons kan drink!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Luister wat sê die Here vir julle, vroue op Samaria-berg. Julle is so vet soos die koeie wat in die land Basan wei. Julle verdruk die mense wat swak en arm is, julle laat hulle swaarkry. Julle sê vir julle mans: “Bring wyn sodat ons kan drink!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle ryk vroue wat in Samaria bly, loop oor van die voorspoed soos die vet koeie wat in Basan wei. Julle buit die armes uit. Julle mishandel die behoeftige mense. Julle sê vir julle mans: “Kom, bring die drank dat ons kan drink.” |