Amos 3:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maak bekend in die paleise van Asdod en in die paleise in Egipteland, en sê: Kom bymekaar op die berge van Samaría, en aanskou die groot rumoer in hulle midde en die verdruktes in hulle midde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kondig die volgende boodskap in die paleise in Asdod en in Egipte aan: “Kom bymekaar op die heuwels rondom Samaria en aanskou die groot misdade en onderdrukking wat in hierdie stad aangaan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Roep dit uit oor die paleise van Asdod en oor die paleise van Egipteland en sê: Versamel julle op die berge van Samar¡a, en aanskou die groot beroering in die midde van die stad en die verdrukking daarbinne. |
| Afrikaans 1983 | Maak dit bekend in die mooi huise in Asdod, in die mooi huise in Egipte, sê vir die mense daarin: Kom bymekaar op die Samariaberge, kyk na die groot verwarring in Samaria, die verdrukking daarbinne. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Basuin dit uit oor die vestings in Asdod, oor die vestings in Egipteland. Sê: “Kom bymekaar op die heuwels by Samaria, en aanskou die groot paniek in haar, die verdrukking in haar midde.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Julle moet gaan praat met die mense in die mooi huise van die stad Asdod en die land Egipte. Julle moet vir hulle sê: ‘Kom bymekaar op die berge rondom die stad Samaria. Kom kyk hoe swaar kry die mense in die stad.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gaan nooi die mense in die paleise van Assirië uit. Gaan roep die mense in die paleise van Egipte. Vra hulle om op die heuwels rondom Samaria te kom staan. Sê vir hulle om te kom kyk hoe deurmekaar alles in die stad is, hoe mense daar verdruk word. |