Amos 3:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sal 'n basuin in die stad geblaas word en die volk nie bang wees nie? sal daar onheil in 'n stad wees en die HERE het dit nie gedoen nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As die oorlogstrompet blaas, sal mense dan nie skrik nie? As ’n ramp ’n stad tref, het die Here dit dan nie veroorsaak nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Sal die basuin in die stad geblaas word en die bevolking nie skrik nie? Sal daar 'n onheil in die stad voorval as die HERE dit nie bewerk het nie? |
| Afrikaans 1983 | Sal daar in 'n stad op 'n ramshoring geblaas word as die inwoners nie geskrik het nie? Sal daar 'n ramp oor 'n stad kom as die Here dit nie gebring het nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As 'n •ramshoring in 'n stad geblaas word, bewe mense nie? As daar teenspoed in 'n stad is, het die Here dit nie gedoen nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer iemand die ramshoring in die stad blaas om te sê die vyand kom, dan skrik die mense. Wanneer die Here sê dit moet sleg gaan in 'n stad, dan gebeur dit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer die oorlogstrompet blaas, is dit vanselfsprekend dat mense sal skrik. Wanneer ’n ramp ’n stad tref, is dit vanselfsprekend dat dit van die Here kom. |