Amos 3:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal die winterhuis met die somerhuis verslaan; en die huise van ivoor sal vergaan, en die groot huise sal 'n einde hê, spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal winterhuise en somerhuise verwoes. Ek sal die ivoorversierde huise afbreek, niks sal van al hierdie plekke oorbly nie.” Dit is wat die Here sê! |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan sal Ek die winterhuis saam met die somerhuis tref, en die huise van ivoor sal te gronde gaan, en baie huise sal verdwyn, spreek die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal die winterhuis platslaan saam met die somerhuis, die huise met ivoorinleg sal vergaan, baie huise sal verdwyn, sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek gaan die winterhuis verwoes saam met die somerhuis. Die huise met ivoorinleg sal tot niet gaan en groot huise sal verval,” is die uitspraak van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal die huise plat slaan, die huise waarin hulle in die somer woon, en die huise waarin hulle in die winter woon. Daar sal niks oorbly van die huise wat hulle met ivoor mooi gemaak het nie. Daar sal niks oorbly van die baie huise nie,” sê die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal die huise waarin hulle in die somer bly, laat afbreek. Ek sal ook hulle winterhuise verwoes. Daar sal niks oorbly van hulle pragtige huise wat met ivoor versier is nie. Hulle groot woonhuise sal heeltemal verdwyn.” So sê die Here oor Israel. |