Amos 3:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | dat Ek op die dag as Ek die oortredinge van Israel teen hom besoek, ook die altare van Bet-el sal besoek; en die horings van die altaar sal afgekap word en op die grond val. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die dag as Ek Israel se oortredings straf, sal Ek ook die heidense altare in Bet-El vernietig. Die afgebreekte horings van die altaar sal op die grond val. |
| Afrikaans 1933/1953 | dat Ek in die dag as Ek die oortredinge van Israel aan hom besoek, ook besoeking sal doen oor die altare van Bet-el, sodat die horings van die altaar afgekap sal word en op die grond val. |
| Afrikaans 1983 | Die dag as Ek Israel oor sy sondes straf, sal Ek die altare van Bet-El verwoes; die horings van sy altare sal afgebreek word en op die grond val. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Ja, die dag wanneer Ek van Israel rekenskap eis oor sy oortredings, gaan Ek ook rekenskap eis van die altare van Bet-El: Die horings van die altaar sal afgekap word; dit sal op die grond val. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer Ek die mense van Israel straf oor hulle sondes, dan sal Ek die altare in die stad Bet-El afbreek. Ek sal die altaar se horings afkap en op die grond gooi. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die dag wanneer Ek Israel vir sy oortredings straf, sal Ek die altare van Bet-El afbreek. Die horings op die vier hoeke van die altaar sal nutteloos op die grond val. |