Amos 3:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE: Soos 'n herder uit die bek van die leeu twee pote of 'n stuk oor uithaal; so sal die kinders van Israel weggevoer word wat in Samaria woon op die hoek van 'n bed en in Damaskus op 'n rusbank. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê: “’n Skaapwagter sal twee bene of miskien ’n stukkie oor red uit ’n leeu se bek. Net so sal die Israeliete gered word, hulle wat in Samaria op gemaklike banke sit en op ’n rusbank in Damaskus.” |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die HERE: Soos 'n herder 'n paar pote of 'n oorlappie red uit die bek van 'n leeu, net so sal gered word die kinders van Israel wat daar in Samar¡a in die hoek van 'n bed of op die dam s van 'n rusbank sit. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here: Soos 'n skaapwagter twee pootjies of 'n stukkie oor weggryp uit 'n leeu se bek, so sal die Israeliete weggegryp word, hulle wat in Samaria op rusbanke sit, op oorgetrekte gemakstoele! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So sê die Here: “Soos 'n skaapwagter twee stukkies agterbeen en die kraakbeen van 'n oor red uit die bek van 'n leeu, so sal die Israeliete gered word wat in Samaria sit met net die hoek van 'n bed en die sykant van 'n slaapbank. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Wanneer 'n leeu 'n skaap vang, dan kan die skaapwagter miskien net twee pootjies of 'n stukkie van die skaap se oor gryp uit die leeu se bek. So sal daar ook baie min oorbly van die mense van Israel wat nou so rustig in Samaria op hulle beddens en rusbanke lê.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Al wat iemand wat skape oppas, nog kan red as ’n leeu die skaap gevang het, is sy twee pote of ’n stukkie van sy oor. Net so sal al wat van die mense van Samaria oorbly, die pote van ’n bed wees of ’n stukkie materiaal wat oor ’n bank gegooi word. |