Amos 3:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, so sê die HERE: Daar sal 'n teëstander rondom die land wees; en hy sal jou krag van jou afbreek, en jou paleise sal geplunder word.
Afrikaans (NLV) 2011 Die oppermagtige Here sê verder: “Daarom is ’n vyand op pad! Hy sal die vestings afbreek en jou paleise plunder.”
Afrikaans 1933/1953 Daarom, so sê die Here HERE: 'n Vyand! En dit rondom die land; en hy sal jou vesting van jou af neerwerp, en jou paleise sal geplunder word.
Afrikaans 1983 Daarom, so sê die Here my God: 'n Vyand sal die land inneem, hy sal jou vesting bo-op jou afbreek, jou mooi huise kaalstroop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, so sê my Heer, die Here: “Daar is 'n vyand, en hy is reg rondom die land! Hy gaan jou versterkings laat intuimel, jou vestings word geplunder.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom, daar is vyande rondom die land! Hulle sal julle sterk mure afbreek en hulle sal alles in julle mooi huise vir hulleself vat.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom,” sê die Here, “sal ’n vyand kom en die land van alle kante af aanval. Hulle sal die mure van die stad afbreek. Hulle sal julle pragtige huise in die stad kom kaalstroop.”