Amos 3:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hulle weet om nie reg te doen nie, spreek die HERE, wat geweld en roof in hulle paleise opgaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê: “Hierdie mense het vergeet wat dit beteken om reg te laat geskied. Hulle luukse blyplekke is vol rykdom, deur diefstal en geweld in die hande gekry.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Ja, hulle weet nie om reg te doen nie, spreek die HERE -- hulle wat geweld en verdrukking opstapel in hulle paleise. |
| Afrikaans 1983 | Hulle wat geweld en verwoesting in hulle mooi huise herberg, weet nie hoe om reg te doen nie, sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Hulle weet nie hoe om reg op te tree nie,” is die uitspraak van die Here, “hulle wat die buit van geweld en misdaad opstapel in hulle vestings.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Die mense se mooi huise is vol goed wat hulle van ander mense gesteel het. Hulle weet nie hoe om reg te doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die mense wat in die stad bly, weet lankal nie meer wat dit beteken om eerlik te wees nie,” sê die Here. “Alles wat hulle met geweld afgeneem en by ander gesteel het, bêre hulle in hulle luukse huise. |