Amos 2:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Ek het die Amoriet voor hulle verdelg, wie se hoogte was soos die hoogte van die seders, en hy was sterk soos die terpentynbome; maar Ek het sy vrugte van bo af vernietig en sy wortels van onder af.
Afrikaans (NLV) 2011 “Dit is Ek wat die Amoriete vernietig het voordat my volk in die land aangekom het. Hulle was so lank soos seders, so sterk soos akkerbome. Maar Ek het hulle uitgeroei, met wortel en tak.
Afrikaans 1933/1953 En tog het k die Amoriet voor hulle uit verdelg wie se hoogte was soos die hoogte van die seders, en hy was sterk soos die eikebome; maar Ek het sy vrug daarbo en sy wortels daaronder verdelg.
Afrikaans 1983 Ek het die Amoriete wat hoog soos seders is, sterk soos eike, uitgeroei om vir julle plek te maak, Israeliete!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek is die Een wat die Amoriete, so lank soos sederbome en so sterk soos eikebome, uitgeroei het voor hulle uit. Ek het hulle uitgeroei – hulle vrug bo en hulle wortels onder.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die Amoriete was lang mense. Hulle was so hoog soos sederbome en so sterk soos eikebome. Maar Ek het al die Amoriete doodgemaak, die ouers en die kinders. Ek het dit gedoen om vir die mense van Israel 'n plek te gee waar hulle kan woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dit was Ek wat die Amoriete uit die land uitgewis het voordat my volk hiernatoe gekom het. Die Amoriete was lank en regop soos sederbome. Hulle was so sterk soos akkerbome. Maar Ek het hulle met wortel en tak uitgeroei.