Amos 2:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Israel, en oor vier, sal Ek sy straf nie afwend nie; omdat hulle die regverdiges vir silwer verkoop het en die armes vir 'n paar skoene;
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sê: “Die mense van Israel het keer op keer gesondig. Ek sal hulle nie langer ongestraf laat nie! Hulle het die reg verdraai, eerlike mense vir geld verkoop en armes vir ’n paar sandale.
Afrikaans 1933/1953 So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Israel, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die regverdige vir geld verkoop het en die behoeftige vir 'n paar skoene.
Afrikaans 1983 So sê die Here: Selfs as Israel net drie keer sonde gedoen het, sou Ek sy straf nie herroep het nie. Maar nou het hy nog sondes daarby gevoeg: hulle verkoop onskuldige mense vir geld, arm mense oor 'n paar sandale;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sê die Here: “Oor drie oortredings van Israel, ja, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie; omdat hulle regverdiges vir geld verkoop en behoeftiges vir 'n paar sandale.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Die mense van Israel het 'n baie groot sonde gedoen, daarom sal Ek hulle straf. Hulle het onskuldige mense verkoop om geld te kry, en die mense het slawe geword. Hulle het arm mense verkoop omdat die arm mense geld geskuld het vir 'n paar sandale.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê: “Die spesifieke oortreding waarvoor Ek Israel nooit sal vergewe nie, is dat hulle eerlike mense vir geld verkoop. Hulle verkoop die arm mense wat nie hulle skuld kan betaal nie vir so min as die prys van ’n paar sandale.