Amos 2:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sal nie staan wat die boog hanteer nie; en hy wat vinnig van voet is, sal homself nie red nie; en hy wat op die perd ry, sal homself nie red nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die boogskutters sal moet terugval. Die vlugvoetiges sal dit nie regkry om te ontsnap nie. Selfs berede soldate sal hulle nie kan red nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die boogskutter sal nie bly staan en die wat gou is op sy voete, nie vrykom nie, en die perderuiter sal sy lewe nie red nie. |
| Afrikaans 1983 | Wie met pyl en boog veg, sal nie kan weerstand bied nie, die vinnige sal nie kan weghardloop nie, die ruiter sal homself nie kan red nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die boogskutter sal nie staande bly nie; die vlugvoetige sal nie ontkom nie, en die perderuiter nie sy eie lewe kan red nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense wat met pyl en boog skiet, sal weghardloop. Ook mense wat vinnig kan hardloop, sal nie kan vlug nie. Mense wat op perde ry, sal hulleself nie kan red nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die manne wat met die boog skiet, sal nie teen die aanval kan standhou nie. Die vinnige hardlopers sal nie eens kan wegkom nie. Die soldate op die perde sal niks kan red nie, selfs nie eens hulleself nie. |