Amos 2:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE; Oor drie oortredinge van Moab en oor vier sal Ek die straf daarvan nie afwend nie; omdat hy die bene van die koning van Edom tot kalk verbrand het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Verder sê die Here: “Die mense van Moab het keer op keer gesondig. Ek sal hulle nie langer ongestraf laat nie! Die bene van Edom se koning het hulle tot as verbrand. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Moab, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hy die beendere van die koning van Edom tot kalk verbrand het. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here: Selfs as Moab net drie keer sonde gedoen het, sou Ek sy straf nie herroep het nie. Maar nou het hy 'n vierde sonde daarby gevoeg: hy het die bene van Edom se koning tot kalk verbrand. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So sê die Here: “Oor drie oortredings van Moab, ja, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie; omdat hy die beendere van die koning van Edom tot kalk verbrand het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Die mense van Moab het 'n baie groot sonde gedoen, daarom sal Ek hulle straf. Hulle koning het die koning van Edom se bene verbrand om kalk te maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Van al die baie sondes wat Moab al gedoen het, is daar een wat Ek altyd teen hom sal hou. Hy het die koning van Edom se eer vernietig. Hy het sy geraamte gevat en dit tot as gaan verbrand. |