Acts 9:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Saul het opgestaan van die aarde af; en toe sy oë oopgaan, het hy niemand gesien nie; maar hulle het hom aan die hand gelei en hom na Damaskus gebring.
Afrikaans (NLV) 2011 Saulus het van die grond af opgestaan en alhoewel sy oë oop was, kon hy niks sien nie. Hulle is Damaskus in terwyl sy reisgenote hom aan die hand lei.
Afrikaans 1933/1953 Toe staan Saulus van die grond af op, en alhoewel sy oë oop was, het hy niemand gesien nie; en hulle het hom aan die hand gelei en in Damaskus ingebring.
Afrikaans 1983 Toe Saulus van die grond af opstaan en sy oë oopmaak, kon hy nie sien nie. Hulle het sy hand gevat en hom na Damaskus toe gelei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saulus het van die grond af opgestaan en, alhoewel sy oë oop was, kon hy niks sien nie. Hulle het hom aan die hand gelei en Damaskus binnegebring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Saulus opstaan van die grond, het hy sy oë oopgemaak, maar hy kon niks sien nie. Die mense wat saam met hom was, het toe sy hand geneem en hulle het hom in Damaskus ingebring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Saulus het orent gekom. Toe kom hy agter dat hy niks kan sien nie. Sy reisgenote moes hom lei.