Acts 9:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hy het haar sy hand gegee en haar opgelig, en nadat Hy die heiliges en weduwees geroep het, het Hy haar lewendig voorgehou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het haar sy hand gegee en haar help opstaan. Toe het hy die gelowiges en die weduwees geroep, en hulle gewys sy leef. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy gee haar sy hand en laat haar opstaan. Daarop roep hy die heiliges en die weduwees en stel haar lewendig voor hulle. |
| Afrikaans 1983 | Hy het haar met die hand help opstaan, die weduwees en die ander gelowiges geroep en haar lewend voor hulle gebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het sy hand vir haar gegee en haar help opstaan. Toe het hy die •heiliges en die weduwees geroep, en haar lewend aan hulle getoon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Petrus het toe Dorkas se hand geneem en hy het vir haar gehelp om op te staan. Toe het Petrus die weduwees en die ander gelowiges geroep, en hy het die vrou wat weer begin lewe het, voor hulle laat staan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Tabita het dadelik haar oë oopgemaak. Toe sy Petrus sien, het sy regop gesit. Hy het haar hand gevat en haar gehelp om op te staan. Petrus het toe vir die gelowiges en die weduwees wat buite die deur gewag het, binnetoe geroep. Toe hulle in die kamer kom, sien hulle dat Tabita weer lewe. |