Acts 9:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe staan Petrus op en gaan saam met hulle. Toe hy aankom, het hulle hom in die bovertrek gebring, en al die weduwees het by hom gestaan en ween en die rokke en klere gewys wat Dorkas gemaak het terwyl sy by hulle was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Petrus is dadelik saam met hulle terug. Toe hy daar kom, het hulle hom bokamer toe gevat. Al die weduwees het by hom kom staan en snikkend vir hom die verskillende soorte klere gewys wat Dorkas gemaak het toe sy nog by hulle was. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Petrus het opgestaan en saam met hulle gegaan. En toe hy daar kom, bring hulle hom in die bovertrek; en al die weduwees kom by hom staan en ween en wys hom die onder-- en bo-klere wat Dorkas alles gemaak het toe sy nog by hulle was. |
| Afrikaans 1983 | Petrus het dadelik saam met hulle gegaan en toe hy daar kom, het hulle hom na die bokamer toe geneem. Al die weduwees het by hom kom staan en snikkend vir hom die klere gewys wat Dorkas gemaak het toe sy nog gelewe het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Petrus het toe gereedgemaak en saam met hulle gegaan. Toe hy daar aankom, het hulle hom na die bovertrek geneem. Al die weduwees het huilend by hom kom staan, en vir hom die onder- en boklere gewys wat Dorkas gemaak het toe sy nog by hulle was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Petrus staan toe op en gaan saam met hulle. Toe hy daar kom, het hulle hom na die bo-kamer geneem. Al die weduwees het by hom gestaan en huil, en hulle het vir Petrus die klere gewys wat Dorkas altyd gemaak het toe sy nog gelewe het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Petrus was dadelik bereid om saam met hulle te gaan. In Joppe aangekom, het hy saam met hulle na die bokamer gegaan waar Tabita se liggaam gelê het. ’n Klompie van haar vriendinne, almal weduwees, het daar om haar gestaan. Hulle was baie hartseer. Hulle het vir Petrus van die klere gewys wat sy gemaak het toe sy nog geleef het. |