Acts 9:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En omdat Lidda naby Joppe was en die dissipels gehoor het dat Petrus daar was, het hulle twee manne na hom gestuur wat hom begeer het dat hy nie sou uitstel om na hulle te kom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Met Lidda naby Joppe het die gelowiges gehoor dat Petrus daar is. Hulle het toe twee mans na hom toe gestuur met die versoek: “Kom asseblief sonder uitstel na ons toe!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En omdat Lidda naby Joppe was en die dissipels gehoor het dat Petrus daar was, het hulle twee manne na hom gestuur wat hom moes smeek dat hy sonder uitstel na hulle moet oorkom. |
| Afrikaans 1983 | Aangesien Lidda naby Joppe is en die gelowiges gehoor het dat Petrus daar is, het hulle twee mans na hom toe gestuur met die versoek: “Kom tog gou na ons toe oor.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Aangesien Lidda naby Joppe was, het die dissipels, toe hulle hoor dat •Petrus daar is, twee mans na hom gestuur met die versoek: “Kom sonder uitstel na ons toe!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die stad Lidda was naby Joppe, en die gelowiges het gehoor dat Petrus daar in Lidda was. Daarom het hulle twee mans na Petrus toe gestuur om mooi vir hom te vra: “Kom asseblief gou na ons toe!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die gelowiges het gehoor dat Petrus daar naby in Lidda was. Hulle het twee mans soontoe gestuur om hom te smeek om gou-gou Joppe toe te kom. |