Acts 9:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar was in Joppe 'n sekere dissipel met die naam van Tabita, wat deur uitlegging Dorkas genoem word; hierdie vrou was vol goeie werke en aalmoese wat sy gedoen het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In Joppe was daar ’n gelowige vrou met die naam Tabita (in Grieks is sy “Dorkas”). Sy was altyd besig om aan ander goed te doen en armes te help. |
| Afrikaans 1933/1953 | En in Joppe was daar 'n sekere dissipelin met die naam van Tab¡ta, wat, as dit vertaal word, beteken Dorkas. Sy was oorvloedig in goeie werke en aalmoese wat sy gedoen het. |
| Afrikaans 1983 | In Joppe was daar 'n gelowige vrou met die naam Tabita, in Grieks Dorkas. Sy was altyd besig om goed te doen en die armes te help. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In Joppe was daar 'n sekere vrouedissipel met die naam Tabita, wat as Dorkas vertaal is. Sy het baie goeie dade verrig en liefdadigheid bewys. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die stad Joppe was daar 'n gelowige vrou. In die Aramese taal was haar naam Tabita. In die Griekse taal was haar naam Dorkas. Hierdie vrou het baie goeie dinge gedoen en sy het altyd arm mense gehelp. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In Joppe, ’n entjie van Lidda af, het ’n volgeling van Jesus gebly met die naam Tabita. (Haar naam beteken “Wildsbokkie”.) Sy het baie omgegee vir ander mense. Waar sy kon, het sy die armes gehelp en goeie dinge vir ander mense gedoen. |