Acts 9:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En almal wat in Lidda en Saron gewoon het, het hom gesien en hulle tot die Here bekeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die inwoners van Lidda en die Saronvlakte het hulle tot die Here bekeer toe hulle Eneas sien rondgaan.
Afrikaans 1933/1953 En al die inwoners van Lidda en Saron het hom gesien en hulle tot die Here bekeer.
Afrikaans 1983 Al die mense van Lidda en die Saronvlakte het hom gesien en hulle tot die Here bekeer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die inwoners van Lidda en Saron het hom gesien, en hulle tot die Here gewend.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die mense van Lidda en die Saron-vlakte het Eneas gesien, en hulle het verander en begin lewe soos die Here wil hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Almal wat daar in Lidda en Saron gebly het, het later gesien hoe Eneas in die straat rondloop. Toe het baie mense ook hulle lewens aan die Here gegee.