Acts 9:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het gebeur, terwyl Petrus deur al die streke verbygegaan het, het hy ook afgekom na die heiliges wat in Lidda gewoon het.
Afrikaans (NLV) 2011 Petrus het van plek tot plek gereis en het op ’n keer ook by die gelowiges in die dorp Lidda gekom.
Afrikaans 1933/1953 En onderwyl Petrus oral rondgaan, het hy ook gekom by die heiliges wat in Lidda woon;
Afrikaans 1983 Petrus het baie rondgereis en het op 'n keer ook by die gelowiges gekom wat in Lidda gewoon het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) •Petrus het oral rondgereis, en ook by die •heiliges wat in Lidda woon, aangekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Petrus het van die een plek na die ander plek gegaan. Hy het ook gekom by mense wat in die stad Lidda woon en wat in die Here glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In daardie tyd het Petrus oral by die gelowiges besoek gaan aflê. Tydens een van dié besoeke het hy in ’n dorp met die naam Lidda aangekom waar hy by ’n paar gelowiges gaan bly het. Daar het hy ’n man raakgeloop wat al agt jaar lank verlam was.