Acts 9:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het in 'n gesig 'n man met die naam van Ananías sien inkom en sy hand op hom slaan, sodat hy kan sien.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het hom in ’n gesig laat sien dat ’n man met die naam Ananias inkom en sy hande op hom sit sodat hy weer kan sien.”
Afrikaans 1933/1953 en hy het in 'n gesig 'n man met die naam van Anan¡as sien inkom en hom die hande oplê, sodat hy weer kon sien.
Afrikaans 1983 en hy het in 'n gesig 'n man met die naam Ananias sien inkom wat hom die hande oplê sodat hy weer kan sien.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en het in 'n visioen gesien dat 'n man met die naam Ananias binnekom en hom die hande oplê om hom weer te laat sien. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Terwyl Saulus gebid het, het Ek vir hom gewys dat 'n man na hom toe kom en dat hierdie man sy hande op hom sit sodat hy weer kan sien. Die man se naam is Ananias.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het reeds in ’n gesig vir hom gewys dat jy op pad is na hom toe om jou hande op hom te sit sodat hy weer kan sien.”