Acts 9:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar was 'n sekere dissipel in Damaskus met die naam van Ananias; en vir hom het die Here in 'n gesig gesê: Ananías! En hy sê: Kyk, ek is hier, Here. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar was ’n gelowige in Damaskus met die naam Ananias. Die Here het hom in ’n gesig geroep: “Ananias!” “Ja, Here!” het hy geantwoord. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar was 'n dissipel in Damaskus met die naam van Anan¡as; en die Here het vir hom in 'n gesig gesê: Anan¡as! En hy antwoord: Hier is ek, Here. |
| Afrikaans 1983 | In Damaskus was daar 'n sekere volgeling van Jesus met die naam Ananias. Die Here het hom in 'n gesig geroep: “Ananias!” “Hier is ek, Here,” het hy geantwoord. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar was 'n dissipel in Damaskus met die naam Ananias. In 'n visioen het die Here vir hom gesê: “Ananias!” En hy het geantwoord: “Hier is ek, Here.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was 'n gelowige in Damaskus. Sy naam was Ananias. Die Here het na Ananias gekom en Hy het vir hom gesê: “Ananias!” Ananias antwoord toe: “Hier is ek, Here, ek luister.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In Damaskus was daar ’n volgeling van Jesus met die naam Ananias. Die Here het in ’n visioen met hom gaan praat: “Ananias!” “Ja, Here, hier is ek,” het hy geantwoord. |