Acts 9:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Saul het dreigemente en slagting teen die dissipels van die Here uitgeblaas en na die hoëpriester gegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Intussen het Saulus met elke asemteug dreigemente uitgespreek. Hy wou die volgelinge van die Here doodmaak, en het daarom na die hoofpriester toe gegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Saulus, wat nog dreiging en moord geblaas het teen die dissipels van die Here, het na die hoëpriester gegaan |
| Afrikaans 1983 | Intussen het Saulus soos 'n besetene voortgegaan om die volgelinge van die Here met die dood te dreig. Hy het na die hoëpriester toe gegaan |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Saulus, wat nog steeds dreigemente en moord teen die dissipels van die Here aangeblaas het, het na die hoëpriester gegaan |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Terwyl hierdie dinge gebeur het, het Saulus aangehou om te probeer om die mense dood te maak wat in die Here glo. Hy het daarom na die hoëpriester toe gegaan, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Saulus wou die kerk met alle geweld uitroei. Hy het volgelinge van die Here oral met die dood gedreig. |