Acts 8:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar daar was 'n sekere man met die naam van Simon, wat voorheen in dieselfde stad towery gebruik het en die mense van Samaria betower het deur te sê dat hy 'n groot man was.
Afrikaans (NLV) 2011 In dié stad het ’n man met die naam Simon al vir jare lank die inwoners met sy toorkunste beïndruk. Hy het daarop aanspraak gemaak dat hy iemand besonders was.
Afrikaans 1933/1953 En 'n sekere man met die naam van Simon het vantevore in die stad met towery omgegaan en die bevolking van Samar¡a verbyster deur te sê dat hy iets besonders was.
Afrikaans 1983 In dieselfde stad was daar 'n man met die naam Simon, wat die inwoners van Samaria met sy toorkunste verstom het. Hy het daarop aanspraak gemaak dat hy iets besonders is,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Voorheen was daar in die stad 'n man met die naam Simon, wat towery bedryf en die bevolking van Samaria verstom het, en beweer het dat hy iets besonders is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar het 'n man in die stad gewoon, sy naam was Simon. Hy kon toor en die mense van Samaria het gedink hy doen wonderlike dinge. Simon het self gesê dat hy baie belangrik is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar het ook ’n towenaar in die stad gebly met die naam Simon. ’n Lang tyd al het hy die inwoners in vervoering gehad met sy towery. Simon het vir hulle vertel dat hy ’n baie magtige man is wat oor besondere kragte beskik.