Acts 8:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl hulle op pad was, kom hulle by 'n sekere water; en die hofdienaar sê: Kyk, hier is water; wat verhinder my om gedoop te word? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op pad kom hulle by water aan, en die ontmande sê: “Kyk, daar is water! Waarom kan ek nie gedoop word nie?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word? |
| Afrikaans 1983 | Onderweg kom hulle toe by water aan, en die amptenaar sê: “Hier is water. Wat verhinder dat ek gedoop word?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Langs die pad kom hulle by 'n plek waar daar water is. Die eunug sê toe: “Kyk, water! Wat verhoed dat ek gedoop word?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe hulle verder ry, kom hulle by water. En die amptenaar sê: “Kyk, daar is water. Hoekom mag ek nie gedoop word nie? Is daar iets wat keer?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Rukkie later ry hulle by ’n waterstroom verby. Toe die Etiopiër dit sien, sê hy: “Kyk, hier is water. Hoekom kan ek nie sommer hier gedoop word nie?” Dadelik het hy die wa tot stilstand gebring en saam met Filippus die water ingestap, waar hy deur Filippus gedoop is. |