Acts 8:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In sy vernedering is sy oordeel weggeneem; en wie sal sy geslag aankondig? want sy lewe is van die aarde weggeneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy is verneder, en alle reg is Hom ontsê. Wie kan van sy nageslag vertel? Want sy lewe word van die aarde af weggevat.” |
| Afrikaans 1933/1953 | In sy vernedering is sy oordeel weggeneem, en wie sal sy geslag beskrywe? Want sy lewe word van die aarde weggeneem. |
| Afrikaans 1983 | In sy vernedering het daar nie reg aan Hom geskied nie. Wie sal van sy nageslag kan vertel? Sy lewe op aarde word beëindig.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In sy vernedering is regspraak Hom ontneem, en wie sal sy nageslag kan opnoem? Want sy lewe word van die aarde weggeneem.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het slegte dinge gedoen aan hom, hulle het nie reg gedoen aan hom nie. Hy kan nie 'n nageslag hê nie, want sy lewe op die aarde is verby. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | hy het nooit eens sy mond oopgemaak nie. Die mense het hom verneder. Hy is glad nie regverdig verhoor nie. Hulle het hom doodgemaak. Wie sal nou as sy nageslag beskou word?” |