Acts 8:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die plek van die Skrif wat hy gelees het, was dit: Hy is soos 'n skaap na die slagplek gelei; en soos 'n lam wat stom is voor sy skeerder, so het hy sy mond nie oopgemaak nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Skrifdeel waarmee hy besig was, lui: “Hy is gelei soos ’n skaap na die slagplek, en soos ’n lam stil is by sy skeerder, só het Hy sy mond nie oopgemaak nie.
Afrikaans 1933/1953 En die gedeelte van die Skrif wat hy besig was om te lees, was d¡t: Soos 'n skaap is Hy gelei om geslag te word, en soos 'n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy sy mond nie oop nie.
Afrikaans 1983 Die Skrifgedeelte wat hy gelees het, was dit: “Soos 'n skaap is Hy gelei om geslag te word; en soos 'n lam wat stil is as hy geskeer word, het Hy nie sy mond oopgemaak nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Skrifgedeelte wat hy besig was om te lees, was: “Soos 'n skaap is Hy ter slagting gelei, en soos 'n lam wat stom is voor sy skeerder, so maak Hy sy mond nie oop nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het hierdie deel van die Ou Testament gelees: Hy was soos 'n skaap wanneer iemand dit wil slag, soos 'n skaap-lam wanneer iemand sy wol afskeer. Hy het stilgebly, hy het nie sy mond oopgemaak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Filippus sien toe dat hy besig was om die volgende verse uit Jesaja te lees: “Hy is soos ’n skaap na die slagpale toe gevat om geslag te word. Hy is soos ’n lam wat nie ’n geluid maak wanneer hy geskeer word nie;