Acts 8:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat Saul betref, hy het die gemeente verwoes deur in elke huis in te gaan en mans en vroue te vang en hulle in die tronk oorgegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Saulus het die kerk oral probeer vernietig. Hy het van huis tot huis gegaan, mans en vroue laat uitsleep en in die tronk laat sit. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Saulus het die gemeente verwoes en in die huise gegaan en manne en vroue uitgesleep en in die gevangenis oorgelewer. |
| Afrikaans 1983 | Saulus het die kerk probeer uitroei. Hy het van huis tot huis gegaan, mans en vrouens laat uitsleep en hulle in die tronk laat sit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Saulus het die gemeente probeer uitroei deur huis ná huis binne te dring, mans sowel as vroue na buite te sleep, en hulle in die tronk te laat gooi. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Saulus het probeer om die gemeente dood te maak. Hy het in die huise ingegaan en hy het mans en vroue weggesleep en in die tronk gegooi. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Saulus was daarop uit om die kerk heeltemal uit te roei. Hy het van huis tot huis gegaan en elke gelowige man en vrou wat hy in die hande kon kry, hardhandig laat vang en in die tronk gestop. |