Acts 8:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het teruggekom en in sy wa gesit en die profeet Jesaja gelees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en was nou op pad terug. Hy het op sy wa die boek van die profeet Jesaja gesit en lees. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy was op die terugreis en het op sy wa gesit en die profeet Jesaja gelees. |
| Afrikaans 1983 | Hy was nou op pad terug en het op sy wa gesit en lees uit die profeet Jesaja. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy was op pad terug, en het op sy wa die profeet Jesaja gesit en lees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar nou was hy op die pad terug huis toe. Hy het op sy wa gesit en hy het gelees uit die boek van die profeet Jesaja. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Filippus het van ver af gesien hoe hy op sy wa sit en lees. Hy was besig om hardop uit die profeet Jesaja te lees. |