Acts 8:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het opgestaan en gegaan, en kyk, daar was 'n man van Ethiopië, 'n eunug van groot gesag onder Candace, koningin van die Kus, wat die toesig gehad het oor al haar skatte en na Jerusalem gekom het om te aanbid,
Afrikaans (NLV) 2011 Filippus het dit gedoen, en hy het die Minister van Finansies van Etiopië teëgekom. Hy was ’n ontmande in dié hoë pos by die koningin van Etiopië. Hy het Jerusalem toe gekom om te aanbid,
Afrikaans 1933/1953 Toe het hy opgestaan en gegaan. En daar was 'n man van Ethiopië, 'n hofdienaar, 'n staatsamptenaar van Kandac,, die koningin van die Ethiopiërs, wat oor al haar skatte was en na Jerusalem gekom het om te aanbid.
Afrikaans 1983 Filippus het toe klaargemaak en gegaan. 'n Ontmande Etiopiër wat 'n hoë pos beklee het aan die hof van die kandake, soos die koningin van Etiopië genoem is, en wat haar geldsake beheer het, het na Jerusalem toe gekom om te aanbid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het toe gereedgemaak en vertrek. En kyk, daar was 'n man van Ethiopië, 'n eunug, 'n hoë amptenaar van die kandake, die koningin van die Ethiopiërs, wat in beheer van haar hele skatkis was en na Jerusalem gegaan het om te aanbid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Filippus het toe gereedgemaak en hy het gegaan. Hy sien toe op daardie pad 'n man van die land Etiopië, die man was ontman en hy was 'n amptenaar van die kandake, die koningin van Etiopië. Die amptenaar moes kyk dat alles goed gaan met die koningin se geld. Die amptenaar het na Jerusalem gekom om te aanbid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Filippus het dit gedoen. Langs die pad het hy op ’n Etiopiër afgekom. Dit was ’n ontmande amptenaar wat in diens van koningin Kandake van Etiopië was. Hy was haar minister van finansies. Hierdie man was pas in Jerusalem om God te gaan aanbid. Nou was hy weer op pad terug na sy eie land toe.