Acts 8:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die engel van die Here het met Filippus gespreek en gesê: Staan op en gaan na die suide na die pad wat afloop van Jerusalem af na Gasa, wat woestyn is.
Afrikaans (NLV) 2011 Vir Filippus het ’n engel van die Here egter gesê: “Gaan suid met die woestynpad wat van Jerusalem af Gasa toe loop.”
Afrikaans 1933/1953 En 'n engel van die Here het met Filippus gespreek en gesê: Staan op en gaan na die suide op die pad wat afloop van Jerusalem na Gasa. Dit is 'n eensame pad.
Afrikaans 1983 'n Engel van die Here het vir Filippus gesê: “Maak jou klaar en gaan teen die middag na die pad wat van Jerusalem af Gasa toe loop.” Dit is 'n stil pad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Engel van die Here het vir Filippus gesê: “Maak gereed en gaan na die suide, met die pad wat van Jerusalem afwaarts loop na Gasa. Dit is 'n verlate pad.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Engel van die Here het met Filippus gepraat. Hy het gesê: “Jy moet gereedmaak en jy moet na die suide gaan, na die pad wat van Jerusalem na die stad Gasa gaan. Dit is 'n stil pad.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Rukkie later het ’n engel van die Here na Filippus gekom en vir hom gesê: “Jy moet dadelik vertrek. Vat daardie verlate pad vanaf Jerusalem na Gasa toe. Begin stap in ’n suidelike rigting.”