Acts 8:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Petrus sê vir hom: Jou geld vergaan saam met jou, omdat jy gedink het dat die gawe van God met geld gekoop kan word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Petrus het hom egter geantwoord: “Mag jou geld saam met jou vernietig word omdat jy dink dat dié gawe van God gekóóp kan word! |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Petrus sê vir hom: Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die gawe van God deur geld te verkry. |
| Afrikaans 1983 | Maar Petrus antwoord hom: “Gaan na die verderf met jou geld en al! Dink jy jy kan die gawe van God met geld koop? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Petrus het vir hom gesê: “Mag jou geld saam met jou in die verderf beland, omdat jy gedink het om die gawe van God deur geld te verkry! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Petrus het vir hom gesê: “Gaan na die hel, jy én jou geld, omdat jy gedink het dat jy hierdie present van God met geld kan koop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Petrus het hom skerp geantwoord: “Gaan na die verderf toe met jou geld en al! Dink jy regtig dat jy God se hemelse Geskenk met geld kan koop? Die Heilige Gees is nie te koop nie. Wat soek jy hier? Jy hoort nie hier tussen ons nie. Jou binnekant is een groot stuk sonde. God weet dit baie goed. |