Acts 8:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Op wie almal ag geslaan het, van die kleinste tot die grootste, en gesê: Hierdie man is die groot krag van God.
Afrikaans (NLV) 2011 Almal, van die geringstes tot die belangrikstes, het na hom verwys as: “Die Grote, die Krag van God.”
Afrikaans 1933/1953 En almal, klein en groot, het hom aangehang en gesê: Hy is die groot krag van God.
Afrikaans 1983 en almal, klein en groot, het hom aangehang. Hulle het gesê: “Hy is wat ons ‘Die Groot Krag van God’ noem.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En almal, klein en groot, het hom aangehang en gesê: “Hy is die krag van God, bekend as die Groot Krag.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die mense, die kinders en die grootmense, het ook gedink dat hy baie belangrik is. Hulle het gesê: “Hierdie man is die Krag van God, die mense noem hom ‘Die Groot Krag van God.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Oud en jonk het kort voor lank geglo hy is ’n god. Oral waar hulle hom op straat sien loop het, het hulle vir mekaar gesê: “Kyk, daar is daardie groot kragman van God.”