Acts 7:55 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hy, wat vol van die Heilige Gees was, het stip na die hemel opgekyk en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat aan die regterhand van God staan, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Stefanus, vol van die Heilige Gees, het aanhou opkyk na die hemel en die heerlikheid van God gesien. Hy het Jesus in die regeerposisie reg langs God sien staan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God. |
| Afrikaans 1983 | Maar Stefanus, vol van die Heilige Gees, het opgekyk na die hemel en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat aan die regterhand van God staan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Stefanus, vol van die Heilige Gees, het stip na die hemel gekyk en die heerlikheid van God gesien, en Jesus wat aan die regterhand van God staan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die Heilige Gees was in Stefanus. Stefanus het reguit opgekyk na die hemel, en hy het gesien dat God Koning is. Hy het ook vir Jesus gesien wat staan op die belangrikste plek langs God. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Stefanus het God daar in al sy heerlikheid gesien, en ook Jesus wat langs Hom staan. Toe sê hy hardop: |