Acts 7:54 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe hulle hierdie dinge hoor, is hulle in die hart gesny, en hulle het op hulle tande op hom gekners.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Joodse leiers was woedend oor Stefanus se aanklag, en hulle het hulle woede gewys.
Afrikaans 1933/1953 En toe hulle dit hoor, was hulle woedend in hul harte en het teen hom op die tande gekners.
Afrikaans 1983 Toe die lede van die Joodse Raad dit hoor, het hulle van woede op hulle tande gekners.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hulle dit hoor, was hulle woedend in hulle harte en het hulle op hulle tande begin kners oor hom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die Joodse Raad hierdie dinge hoor, het hulle baie kwaad geword, hulle was woedend. Hulle het op hulle tande gebyt, want hulle was baie kwaad vir Stefanus.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die Joodse Raad hoor wat Stefanus alles vir hulle sê, het hulle ontplof van woede. Maar hy was vol van die krag van die Heilige Gees. Hy het nie eens agtergekom hoe kwaad hulle was nie, want hy kon tot binne-in die hemel sien.