Acts 7:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het hom geen erfdeel daarin gegee nie, selfs nie soseer as om op te sit nie; tog het hy beloof dat hy dit aan hom sou gee as 'n besitting en aan sy nageslag ná hom, terwyl hy nog geen kind gehad het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 God het hom geen eiendom as erfdeel hier gegee nie, selfs nie ’n vierkante meter nie. God het egter belowe dat die hele land syne en sy nageslag s’n sal wees, al het hy toe nog geen kind gehad nie.
Afrikaans 1933/1953 En Hy het hom geen erfdeel daarin gegee nie, selfs nie 'n voetbreed nie, maar Hy het belowe om dit aan hom en sy nageslag nhom as eiendom te gee, toe hy nog geen kind gehad het nie.
Afrikaans 1983 God het hom geen eiendom in hierdie land gegee nie, selfs nie 'n handbreedte daarvan nie. Maar Hy het wel belowe om dit as besitting vir hom te gee, en ná hom vir sy nageslag, alhoewel hy nog nie 'n kind gehad het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het nie vir hom 'n erfdeel daarin gegee nie, nie eers 'n voetbreedte nie; maar Hy het beloof ‘om dit as besitting te gee aan hom en sy nageslag ná hom’, al het hy toe nog nie 'n kind gehad nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God het nie vir Abraham grond gegee in die land nie, glad nie, nie 'n klein stukkie grond nie. In daardie tyd het Abraham nog nie 'n kind gehad nie. Maar God het belowe dat Hy later die land vir Abraham en sy kinders ná hom sal gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Toe Abraham hier aangekom het, het hy nie die land op ’n skinkbord gekry nie. Aan die begin het hy nie eens ’n stuk grond of ’n kind gehad nie.