Acts 7:44 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ons vaders het die tabernakel van die getuienis in die woestyn gehad, soos Hy dit bepaal het toe hy met Moses gespreek het, dat hy dit moes maak volgens die manier wat hy gesien het.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ons voorgeslag het die tabernakel by hulle in die woestyn gehad. Dié tabernakel is gemaak presies volgens die plan wat God aan Moses gewys het.
Afrikaans 1933/1953 Die tent van die Getuienis was onder ons vaders in die woestyn, soos Hy wat met Moses gespreek het, hom bevel gegee het om dit te maak volgens die afbeelding wat hy gesien het.
Afrikaans 1983 “Ons voorvaders het die tent met die getuienis by hulle in die woestyn gehad. Moses het dit op bevel van God gemaak volgens die voorbeeld wat hy gesien het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Die Tent met die Getuienis het by ons voorvaders in die woestyn gestaan, presies soos Hy wat met Moses gepraat het, hom beveel het om dit volgens die model te maak wat hy gesien het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ons voorvaders het die tent en die tien gebooie wat daarin was, by hulle in die woestyn gehad. God het vir Moses gesê om die tent te maak. Dit moes dieselfde lyk soos die tent wat God vir Moses gewys het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ons voorouers het die hele tyd daar in die woestyn ’n presiese weergawe van die heilige tent by hulle gehad wat God vroeër aan Moses op die berg Sinai gewys het.