Acts 7:43 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ja, julle het die tabernakel van Molog opgeneem en die ster van julle god Remfan, beelde wat julle gemaak het om hulle te aanbid; en Ek sal julle wegvoer na Babel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nee! Julle het net oë en ore gehad vir julle afgode: die heiligdom van Molek, en die stergod Refan, die beelde wat julle gemaak het om te aanbid. Daarom sal Ek julle as gevangenes ver weg stuur tot anderkant Babilon.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Ja, julle het die tent van Molog opgeneem en die ster van julle god Remfan, die beelde wat julle gemaak het om hulle te aanbid. En Ek sal julle anderkant Babilon wegvoer. |
| Afrikaans 1983 | Nee! Julle het die tent van Molek saamgeneem en die ster van julle god Refan. Julle het hierdie beelde gemaak om te aanbid. Daarom sal Ek julle tot anderkant Babilon wegstuur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nee, julle het die tent van Moleg saamgedra, en die ster van julle god Refan, beelde wat julle gemaak het om te aanbid. Daarom sal Ek julle tot anderkant Babilon laat wegvoer.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nee, julle het nie! Julle het die tent van Molek saamgeneem en die ster van julle god Refan. Julle het hierdie beelde gemaak om te aanbid. Daarom sal Ek julle wegstuur tot anderkant Babilon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ‘Dit is tog nie vir My dat julle daar in die woestyn allerhande offers gebring het nie. Nee, gedurende daardie 40 jaar was julle te besig om aanbiddingsplekke vir ander gode te bou. Afgode soos Molog en Refan was toe belangriker as Ek. Julle het allerhande mooi versiersels aan julle lywe gedra om daardie gode gelukkig te maak. Julle kon nie voorbly om neer te buig voor elke nuwe afgod wat julle in die hande gekry het nie. Ek gaan julle daaroor straf: Ek gaan julle tot anderkant Babilon as gevangenes laat wegvoer.’” |