Acts 7:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het God omgedraai en hulle oorgegee om die leër van die hemel te aanbid; Soos geskrywe is in die boek van die profete, o huis van Israel, het julle aan My geslagte diere en slagoffers gebring in die tyd van veertig jaar in die woestyn?
Afrikaans (NLV) 2011 Maar God het sy rug op hulle gedraai en hulle laat begaan. Hulle het die son, die maan en die sterre as hulle gode gedien! So staan dit in die boek van die profete geskryf: ‘Was dit vir Mý dat julle die offers gebring het gedurende die 40 jaar in die woestyn, Israel?
Afrikaans 1933/1953 Maar God het Hom afgewend en hulle oorgegee om die leër van die hemel te dien, soos geskrywe is in die boek van die profete: Julle het tog nie aan My slagoffers en offers gebring gedurende veertig jaar in die woestyn nie, o huis van Israel?
Afrikaans 1983 Maar God het Hom van hulle afgewend en hulle laat begaan om die sterre te aanbid, soos daar geskrywe staan in die boek van die profete: “Was dit vir My, Israel, dat julle brandoffers en ander diereoffers gebring het gedurende die veertig jaar in die woestyn?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar God het Hom van hulle weggekeer en hulle daaraan uitgelewer om die leërskare hemelliggame te aanbid, soos daar geskryf staan in die profete: “ ‘Het julle ooit vir My slagoffers en ander offers gebring gedurende die veertig jaar in die woestyn, huis van Israel?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar God het hulle gelos, Hy het hulle nie meer gekeer wanneer hulle die sterre wou aanbid nie. Dit is wat geskryf is in die boek van die profete: “ Mense van Israel, het julle vir My brand-offers en ander offers gebring toe julle 40 jaar lank in die woestyn was?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het toegelaat dat hulle elke nuwe god aanbid waarvan hulle te hore gekom het. Hulle het presies gedoen wat die Here later deur een van die profete gesê het: