Acts 7:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) en vir Aäron gesê: Maak vir ons gode om voor ons uit te gaan, want hierdie Moses wat ons uit Egipteland uitgelei het, ons weet nie wat van hom geword het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het hulle vir Aäron gesê: ‘Maak vir ons gode wat ons kan lei, want hierdie Moses wat ons uit Egipte uitgelei het — ons weet nie wat met hom gebeur het nie.’
Afrikaans 1933/1953 toe hulle vir Aäron gesê het: Maak vir ons gode wat voor ons uit sal trek; want hierdie Moses wat ons uit Egipteland uitgelei het, ons weet nie wat van hom geword het nie.
Afrikaans 1983 Toe het hulle vir Aäron gesê: ‘Maak vir ons gode wat voor ons uit kan trek, want hierdie Moses wat ons uit Egipte uitgelei het — ons weet nie wat van hom geword het nie.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) toe hulle vir Aäron gesê het, ‘Maak vir ons gode wat voor ons uit kan trek, want hierdie Moses wat ons uit die land Egipte uitgelei het – ons weet nie wat van hom geword het nie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het vir Aäron gesê: ‘ Maak vir ons gode wat vir ons verder kan lei. Want ons weet nie wat met Moses gebeur het nie, Moses wat ons uitgelei het uit Egipte.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het begin terugverlang na die tyd in Egipte en by Aäron gaan kerm: ‘Maak asseblief vir ons ’n paar gode wat ons met ons eie oë kan sien en wat voor ons kan uittrek. Hierdie Moses wat ons uit Egipte laat trek het, het verdwyn.’