Acts 7:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het hy uit die land van die Chaldeërs gekom en in Charran gaan woon; en daarvandaan, toe sy vader gesterf het, het hy hom na hierdie land gebring waarin julle nou woon.
Afrikaans (NLV) 2011 Abraham het toe die land van die Galdeërs verlaat en in Haran gaan woon. Ná sy pa se dood het God hom daarvandaan laat verhuis na hierdie land waar julle nou woon.
Afrikaans 1933/1953 Toe het hy getrek uit die land van die Chald,ërs en in Haran gaan woon; en ndie dood van sy vader het Hy hom daarvandaan laat verhuis na hierdie land waarin julle nou woon.
Afrikaans 1983 Abraham het toe die land van die Galdeërs verlaat en in Haran gaan woon. Ná sy pa se dood het God hom daarvandaan laat trek na hierdie land toe waarin julle vandag woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het hy die land van die Galdeërs verlaat en hom in Haran gaan vestig, en daarvandaan het Hy hom, ná sy vader se dood, na hierdie land laat verhuis waarin julle nou woon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het Abraham weggegaan uit die land van die Galdeërs en hy het gaan woon in die land Haran. Toe Abraham se pa sterf, het God vir Abraham laat wegtrek van die land Haran tot by hierdie land waar julle nou woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Abraham het toe padgegee uit die land van die Galdeërs en in Haran gaan bly. Na sy pa se dood het God hom laat trek na hierdie land waar julle nou bly.